zaterdag, mei 18, 2013

574. Kaapma: “Co-parenting het meer geluk in my kind se lewe gebring as wat 'n ongelukkige huwelik ooit vir haar sou kon gee”

“CO-PARENTING HET MEER GELUK IN MY KIND SE LEWE GEBRING AS WAT ’N ONGELUKIGE HUWELIJK OOIT VOOR HAAR SOU KON GEE” - EEN ‘KAAPMA’ UIT KAAPSTAD, ZUID-AFRICA OVER DE WAARDE VAN CO-OUDERSCHAP VOOR HAAR DOCHTER EN HAARZELF:

Prachtig relaas in het Zuid-Afrikaans over co-ouderschap van een Zuid-Afrikaanse moeder uit Kaapstad (een Kaapma):

Parent Story 
On http://coparenting.co.za South Africa

Toe ek die dag besluit het om te skei was ek een honderd persent selfsugtig, dit het alles oor my en my geluk gegaan. Ek het nie vir een sekonde gedink dat dit 'n opsie is om te werk of te bly in 'n huwelik terwille van my kind nie. Ek het wel besluit om van die begin af alles te doen wat reg teenoor my kind was, om albei haar ouers as deel van haar lewe te he.

Dit is haar reg en ek was vasbeslote om dit vir haar te gee al was dit net om daai skuld gevoel binne my ligter te maak dat ek haar reg om in 'n liefdevolle huis met albei haar ouers in haar lewe te he weg gevat het van haar terwille van my geluk. Vir 3 jaar het ek so hard probeer om dit te forseer aan haar pa en sy familie. Ek het haar naweke na hulle toe gevat ek het hom weekliks gebel en gese praat met jou kind.

Ek was selfs mal genoeg om myself twee jaar terug te nooi vir Kersfees sodat sy beide haar ouers op Kersdag by haar kan he. Ek het so hard probeer opmaak teenoor haar dat ek amper alles vernietig het. En dit alles terwyl ek geen onderhoud van hom ontvang het nie. Geld het nie 'n verskil gemaak nie want ek moes doen wat reg is teenoor haar.

Bietjie meer as 'n jaar terug het ek begin bewus raak van Co-Parenting en wat dit regtig beteken. Ek het besef dat dit wat ek so afgedwing het op haar pa reg was maar dat hy nog nie reg was daarvoor was nie. Ek het opgehou en hom kans gegee om self te doen wat hy wil doen wanneer hy reg is.

Hierdie naweek was sy verjaarsdag en ek het haar winkel toe gevat om vir haar pappa iets te koop vir sy verjaarsdag. Ons is huis toe met 'n paar sokkies maar in haar oe was dit die grootste geskenk wat sy nog ooit vir haar pappa kon gee. Daai opgewondenheid toe sy dit vir hom kon gee is 'n ongelooflike gevoel van warmte wat ek in haar ervaar het.

Vandag is presies een week voor Moedersdag. Terwyl ons getroud was het ek nie een soveel as gelukkige moedersdg van sy kant af gekry nie. Sy is vandag by my afgelaai met 'n kalender wat elke dag aandui en instruksies van ouma en pappa dat sy elke oggend die daggie moet afmerk en wanneer dit op 12 Mei kom wat reeds in gekleur is moet sy onthou om my wakker te maak en te se Happy Moedersdag.

Weereens gaan dit nie oor wat dit vir my beteken nie, maar sy kon nie wag om daai kalender op haar kamer deur te plak en my presies te verduidelik hoe dit werk nie. Daai ongelooflike opgewondenheid van haar kant af want dit is haar pappa se verjaarsdag gewees en nou is dit moedersdag!

Na 3 jaar van roller coaster ry en te probeer en te vaal en weer te probeer het co-parenting meer geluk in my kind se lewe gebring as wat 'n ongelukkige huwelik ooit vir haar sou kon gee. Sy het haar ma en pa in haar lewe en hulle co-parent nadat hulle mekaar kon aanvaar vir wie hulle is en wie nie. Co-parenting is vir ons kinders, en die vreugte wat dit vir hulle gee om albei hul ouers in hule lewe te he en met baie min moeite kan jy jou kind se hele lewe verander.

Kaapma (Mother) in Western Cape

Geen opmerkingen:

Een reactie posten